Onseepkans beamptes geloof

Die Suid Afrikaanse polisie by Onseepkans in die Boesmanland het drie beamptes geloof vir hulle bydrae in die bekamping van misdaad en die inhegtenisname van 'n verdagte. Die drie beamptes nuwe lede wie in Desember ontplooi is het 'n 32 jarige vrou inhegtenis geneem en op dwelms ter waarde van 9 duisend 300 rand by die Roomskatolieke Mission in die dorp gelê. 56 sakkies tik is in die verdagte se besit tydens 'n deursoeking gekry. Die 32 jarige vrou sal volgens die polisie in die hof in Poffader verskyn op aanklagte van die onwettige besit van en handel in dwelms. Die woordvoerder vir die polisie luitenant kolonel Sergio kock het bymonde van die gebiedsbevelvoerder van die Namakwa streek brigadier Schalk Andrews gesê die geveg teen misdaad in die Namakwa gaan onverpoos voortgesit word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media