Grens beamptes kry dwelms

Grensbeamptes by die Vioolsdrif grenspos het op 21 kilogram geproseseerde dagga beslag gele wat agterop 'n swaarvoertuig versteek was. Die geraamde straatwaarde van die dagga beloop minstens 250 duisend rand en 'n 32 jarige Namibier is tydens die optrede inhegtenis geneem. Sersant Molefi Shemane se ondersoek word gelas na die voorval terwyl die verdagte by Poffader in die hof gedaag gaan word. Hy sê grensowerhede is paraat en doen alles moontlik om oorgrens misdaad hok te slaan.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media