Derde man deur weerlig doodgeslaan

Nog 'n manspersoon is na dood nadat hy na bewering by die wildeklawer plaas deur weerlig geslaan is. Die jongste aankondiging volg na twee mans vroeer ook deur die weer doodgeslaan is, wat die dodetal tans op drie te staan bring. Die Barkley Wes polisie ondersoek tans die voorvalle. Molefi Shemani van die polisie sê die jongste is 'n 19 jarige man, wie Vrydag nammidag deur weerlig getref is. Hy sê die polisie moedig mense aan om vanuit oop velde en hoogliggende gebiede te bly as die weer swaar is. Die voorvalle het op dieselfde plaas gebeur.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media