Verskeie krag onderbrekings gaan na verwagting tot elf Januarie vanjaar die voorland van inwoners van die Dawid Kruiper Munisipale regsgebied wees. Dit volg na 'n aankondiging deur die munisipaleteit dat die toevoer na verskeie gebiede op sekere tye weens noodsaaklike opgraderingswerk gaan plaasvind. Volgens die Dawid Kruiper plaaslike municipaliteit begin die onderbrekings Dinsdag 9 Januarie en sal voortduur tot Saterdag 20 Januarie 2024. Die onderbrekings is geskeduleer om tussen agt uur soggens en drie dertig midae plaas te vind. Die woordvoerder Patrick Williams sê alle kragpunte moet tydens die instandhouding as kragdraend beskou word.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za