Die Noord-Kaapse regering het 'n beroep gedoen vir verhoogde waterveiligheidsbewustheid en mense versoek om nie in gevaarlike waters, insluitend riviere en kanale, te swem nie.
Die pleidooi volg op 'n tragiese voorval waarin twee individue verdrink het terwyl hulle in die Oranjerivier naby Upington geswem het. Polisie woortvoerder in Upington Sersant Omphile Masegela, het bevestig dat 'n geregtelike doodsondersoekdossier geopen is.
Volgens Masegela is die liggame van twee mans deur die K9 Soek-en-reddingseenheid uit die rivier naby Upington gehaal. Daar word beweer dat een man moeg geword het terwyl hy geswem het en die ander man het hom gaan red en hulle het albei in die rivier verdwyn en verdrink. Sersant Omphile Masegela sê die owerhede beklemtoon die belangrikheid daarvan om by waterveiligheidsriglyne te hou om sulke ongelukkige voorvalle te voorkom en die welstand van die gemeenskap te verseker.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za