Operasie Shanela duur in die Noordkaap voort met optredes by Olifantshoek wat gelei het tot boetes ter waarde van nege duisend vyf honderd rand tydens 'n padblokkade op die N14. Volgense 'n polisie verklaring is besoeke ook aan drankperselle en tweedehandse winkels gedoen. Die polisie sê beslag is gelê op verskeie elektriese toeristing ter waarde van vyf duisend rand en 'n 18 jarige is ondervra en saam met 'n 30 jarige verdagte inhegtenis geneem. Majoor generaal Luntu Ngubelanga en die gebiedsbevelvoerder Majoor Generaal Johhny Besnaar sê Shanela gaan onverpoos voort in 'n poging om misdaad hok te slaan.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za