Die Valke in die Noordkaap het 'n beslagleggings bevel ter waarde van meer as 28 duisend rand bekom teen twee verdagtes, die 40 jarige Tsungai Chikangaise en die 39 jarige Veryso Chikangaise in die Springbok landroshof. Woortvoerder vir die Valke in die Noord Kaap Luitenant Kolonel Tebogo Thebe sê die openbare orde polisie het in April vanjaar tydens 'n operasie naby Kleinzee 'n Wit Colt bakkie deursoek en geld waarop geen verduideliking verskaf kon word nie beslag gele. Adjudant Offisier Nomthandazo Mnisi van die Valke sê die geld kom vermoedelik vanuit oprengste vanuit onwettige mynbedrywighede in die gebied. Sy sê die valke en alle wetstoepasings agentskappe werk onverpoos voort om misdaad veral onwettige mynery hok te slaan.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za