Die eerste satellietskottel van die vierkante kilometerradioteleskoopprojek – die S.K.A , wat in die Noord-Kaap gebou word, sal na verwagting vroeg volgende jaar geïnstalleer word. Die skottel is een van vier wat deel is van die eerste fase van die SKA-projek in die Karoo. Dit is by ‘n toetsterrein in China aanmekaar gesit wat as ‘n reuse mylpaal bestempel word in die konstruksie van die teleskoop. Die struktuur bestaan uit 66 afsonderlike panele wat meer as ses verdiepings hoog is en meer as 50 ton weeg. Die besturende direkteur van die Suid-Afrikaanse radio-astronomie-sterrewag, Pontsho Maruping, sê die radioteleskoop sal van groot waarde vir die wetenskapgemeenskap en Suid-Afrika as geheel wees.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za