Die Nationale Vervolgings Gesag sê 'n moord-klag is teruggetrek teen ’n beskuldigde wat na bewering in die aanhoudingselle by Hartswater-polisiestasie gesterf het terwyl hy verhoorafwagtend is. Woorvoerder vir die NVG Mojalefa Senokoatsane sê die beskuldigde, Sobressa Bosman is aanfanklik daarvan aangekla dat hy sy 29-jarige meisie, Faith Davids, wat swanger was, vermoor het. Senokoatsane, sê daar word van Bosman verwag om 'n formele borgtogaansoek in die Hartswater-distrikshof te doen. Senokoatsane het bygevoeg dat Bosman in die aanhouding selle by Hartswater-polisiestasie gesterf het terwyl ondersoeke gelei deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens voortduur.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za