Die Kimberley voertuigmisdaadondersoekeenheid het die publiek se bystand versoek om Stephen Mundari 'n Zimbabwiese burger, wie na bewering 'n persoon van belang op te spoor wat kan help met die ondersoek van 'n aantal voertuigdiefstalsake. Sersant Timothy Sam, polisiewoordvoerder, sê Mundari is glo in Kaapstad. Daar word beweer dat lede van die publiek wat hul voertuie op sosiale media verkoop, deur 'n verdagte van Kimberley genader word om na die voertuie te kyk. ’n lok betaling word na bewering aan die verkoper gemaak, wat die voertuig sou oorhandig nadat hy ’n betalings kennisgewing op hul foon ontvang het. Hy sê die ondersoek duur intussen voort.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za