Richtersveld water krisis

Die Richtersveld munisipaleteit by Port Nolloth aan die Namakwa kus het 'n daling in damvlakke asgevolg van twee pypbreuke aan die toevoer kant die skuld gegee, vir die afgelope dae se skielike water onderbrekings. In 'n verklaring sê die munisipaleteit dat hulle tans werk daaraan om die vlakke van die muisvlakdam te stabiliseer terwyl die 8 myldam regdeur water lewer om te verseker dat die netwerk nie leegloop nie. 'N span van die munisipaleteit tesame met Namakwaland konstruksie is volgens die munisipaleteit besig om die toevoer te stabiliseer en sal brandkrane bloei om lug vanuit die sisteem te kry. Inwoners is aangemoedig om waar probleme met water ervaar word die munisipaleteit daarvan inkennis te stel.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media