Die burgermeester van die Dawid Kruiper Munisipaleteit het ter viering van die 16 dae veldtog teen geweld teen vroue en kinders asook die herdenking van slagoffers van geslagsgebaseerde geweld bome by die munisipale hoofkwartier geplant. Micheal Segede vergesel deur amptenary van die departement van visserye en bosbou asook raadslede sê die sinnelose geweld teen vroue en kinders moet 'n einde kry terwyl hy mans en jongseuns gevra het om hulle gedrag heens vroue en jongmeisies te verander. Segede het ook gister die jaarlikse kersliggie fees toegespreek en gevra vir samehorigheid onder inwoners die gety. Hy sê die gemeenskap moet opnuut die gety gebruik om eenheid onder mekaar te bewerkstellig asook om 'n gees van omgee te kweek. Die geleentheid is deur n groot aantal inwoners by die Mxolisi Dicky Jacobs stadion van stapel gestuur.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za