Dkm oor water

Die direkteur vir siviele ingeneurswese by die Dawid Kruiper munisipaleteit Padwaldt Jonker het die gemeenskappe in en om Upington daarvan verseker dat water ten alle tye beskikbaar gaan wees mits dit spaarsamig gebruik gaan word. Jonker het gereageer op 'n klagte dat die munisipaleteit versuim om water aan inwoners van Klippunt en Kalksloot te verskaf en gesê die oorgebruik van water vir ander doeleindes behalwe drink is die oorsaak dat die leweringskapasiteit by die Abraham Holbors September water suiwerings aanleg afneem en dat dit nie net die gemeenskappe is wat sukkel nie maar ook diegene buite die dorpsgebied. Die direkteur gee toe dat die hitte die aanvraag na water verhoog maar sê terselfdetyd dat hulle bewyse kan lewer dat inwoners 'n groot persentasie van die water wat gelewer word eerder vir die natmaak van tuine en volmaak van swembaddens aanwend. Jonker het ook gereageer op die oproep deur die nasionale minister van water en sanitasie dat inwoners in die Noordkaap hulle water weens 'n kritieke afname in die kwaliteit en waterlewerings infrastruktuur in die provinsie moet kook en inwoners verseker dat die drinkwatergehalte wat Dawid Kruiper lewer geskik is vir menslike gebruik en inwoners geen rede tot kommer moet he oor die kwaliteit nie. Hy sê die munisipaleteit staan slaggereed om enige dienste te lewer en sal self vir die volgende vier dae as besparings maatreel die voortou neem en geen parke besproei nie.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media