mensehandel verdagtes in kimberley hof

Twee verdagtes verskyn vandag in die landdroshof op Kimberley in verband met beweerde mensehandel. Hulle is na bewering in Kimberley in hegtenis geneem, toe hulle saam met 14 kinders op ‘n bus betrap is. Hulle het glo van Midrand na Kaapstad gereis. Volgens die Valke in die Noord-Kaap, wissel die kinders se ouderdomme tussen ses en veertien jaar, en het hulle geen bykomende klere of sakke by hulle gehad nie. ‘n Reisiger op die bus het die polisie van die voorval in kennis gestel toe hulle onraad vermoed het.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media