die minister van water en sanitasie senzo mchunu het noordkaapse inwoners gemaan om water te kook alvorens hulle dit drink. dit volg op die bekendmaking van die land se bloudruppel stelsel wat daarop dui dat die provinsie se watergehalte nie op staandaard is nie. intussen het ‘n Waterbestuursdeskundige van Unisa, Professor Anja du Plessis gese die Departement van Water en Sanitasie oortree omgewingswetgewing omdat riviere en waterstelsels besoedel is. Die Departement het gister sy Bloudruppelverslag bekend gestel wat bevind het dat die land se drinkwatergehalte sedert 2014 beduidend agteruit gegaan het. Slegs 46 persent van die drinkwater is veilig vir menslike gebruik. Volgens die verslag is 47 persent van die watervoorsieningsaanlegte in swak of kritieke toestand. Du Plessis sê die Departement moet aanspreeklik gehou word omdat besoedelingswetgewing nie toegepas word nie, en aanlegte nie in stand gehou word nie. Sy sê tydens periodes van droogte soos tussen 2015 en 2018, en die sterk moontlikheid van ‘n El Nino-weerstelsel, gaan die toestand verder verswak. Sy sê tydens droogtes is daar te min water om besoedeling te verdun, en die koste om dit te behandel styg. Die minister, Senzo Mchunu hou vol dat die land nié deur ‘n krisis in die gesig gestaar word nie.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za