Inwoners van die klipunt gemeenskap buite sesbrugge sê hulle sukkel reeds jare met die Dawid Kruiper munisipaleteit om behoorlike water lewering te verseker. Denise Smith van die gemeenskap asook Anita Hanekom sê die versuim om water in die uitermatige hitte te lewer is 'n misdaad wat deur die munisipaleteit gepleeg word omdat mens en dier onder die versuim geraak word. Smith sê haar gesin deel 'n bad en moet dieselfde water vir die spoel van tiolette gebruik terwyl daar selfs mense wie gestrem is wat netso sukkel sonder dat behoorlike verduideliking oor die water probleem gegee word. Sy sê hulle kominikeur reeds dae met die munisipaleteit en dat self die kalksloot gemeenskap nou dieselfde probleem ervaar. Sy se diere vrek plante vrek terwyl die munisipaleteit sonder die nodige pype opdaag as hulle opdaag om tenke vol te maak. Die Dawid Kruiper munisipale woordvoerder Patrick Williams het by navraag aangevoer dat tenke water lewer en dat hulle Donderdag op die versoek vir komentaar sal reageer . Intussen het die plaaslike kliniek by Kalksloot ook gesê hulle en hulle inwoners kan nie eens toilette gebruik veral in die hitte nie omdat die stank te erg is weens die water tekort
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za