Lighuis vier 35 jaar

Die Noordkaapse groenriviermond lighuis een van slegs drie in die provinsie vier 35 jaar van diens. Die lighuis is nagenoeg 80 kilometer van Garies met die ander twee by Port Nloth en Hondeklipbaai. Die groenriviermond lighuis is een van slegs twee in Suid Afrika wie 'n geel toring het en is minstens 17 koma 2 meter silindervormig met 'n geel en swart band en 'n roteringslens wat elke vyf sekondes flits. Die lighuis is in 1988 die 21 ste November vir die eerste keer in gebruik geneem en word deur geskeduleerde spanne van transnet se hawe owerheid in Port Nolloth en Kaapstad beman.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media