Kabel dief vas

Die Suid Afrikaanse Polisie Diens se taktiese reaksie span het een man inhegtenis geneem na hulle op inligting gereageer het dat twee verdagtes besig is om kabels van die Sol Plaatje munisipaleteit uit te grawe. Die verdagtes was volgens inligting in die Kimdustria besig om skade aan die noodsaaklike infrastruktuur te rig toe die polisie toeslaan. Een van die mans het daarin geslaag om weg te kom. Die polisie sê 'n 28 jarige Lesotho burger is inhegtenis geneem en aangekla vir die peuter van noodsaaklike munisipale infrakstruktuur wet 18 van 2015. 'N sloot van nagenoeg 100 meter is gekry waar 'n onbekende aantal kabels reeds gesteel was met skade wat tussen 105 en 150 duisend rand beraam word. Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media