Die Louisvale Weg kliniek in samewerking met die Department gesondheid sluit more hul jaarlikse
uitreikings programme af met vieringe vir Wêreld vigs dag, wat jaarliks op 1
Desember herdenk word. Patricia Mtubu, Love Life groundbreaker by die kliniek
sê dat in die afgelope maande was daar baie HIV verwante dode, weens stigma wat
steeds ‘n groot erns is in plaaslike gemeenskappe. Mtubu sê dit is belangrik
dat die gemeenskap die vieringe moet bywoon wat by die Ou Apastoliese kerk sal
plassvind, vanaf agte uur die oggend, juis omdat inwoners steeds baie oningelig
is rondom HIV en Vigs Die kliniek sal ook standard gesondheids dienste by die
kerk lewer, met slegs noodgevalle wat by die kliniek hanteer sal word. Mutuba las dat
hulle ook die impak van vooraf-blootstelling profilakse , oftwel PREP onder
bespreking sal het ter bewusmaking van HIV.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com