Beskerming van standbeelde en historiese items gevra

Die beskerming van standbeelde en items van geskiedkundige waarde het opnuut sy kop uitgesteek na die beweerde beskadiging van die olifant van Olifantshoek. Bewerings van vandalisme het die munisipaleteit genoodsaak om 'n hernude beroep op inwoners te doen om die en ander noodsaaklike en historiese infrakstruktuur te beskerm en diegene wie dit beskadig aan te meld. Die dorp Olifantshoek is in 1912 gestig en is volgens inligting vernoem na die slagtand van n olifant gebruik is om die plaas na wie die dorp vernoem is te koop. Die olifant standbeeld is sedert 1974 deel van die gemeenskap en 'n tuin is deur die plaaslike munisipaleteit aangele om die aantreking wat jaarliks honderde toeriste wie deur die dorp beweeg vir 'n kort besoek lok.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media