Sindikaat ondersoek

Die ondersoek na die betrokkenheid van 'n moontlike sindikaat by inbrake in en om die Upington omgewing duur voort. Dit volg na die inhegtenisname van twee verdagtes wat insluit 'n polisie sersant op wie se voertuig asook selfone en 'n hoekslyper intussen beslag gele is. Die inhegtenisname volg na 'n eiendomsagent en twee potensieele kopers na bewering 'n verdagte by 'n huis opgemerk het wie van die toneel gevlug en sy selfoon op die toneel gelaat het. Die Suid Afrikaanse Polisie is gekontak en 'n lokval is gestel. Die ondersoek in die voorval duur voort.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media