Fase 5 en 6 duur voort

Eskom het beurtkrag weer verander nadat Fase 6 gisteraand in werking was. Eskom sê in sy jongste verklaring dat Fase 5 om vyfuur vanoggend in werking gestel is, wat tot agtuur vanaand duur, wanneer Fase 6 weer sal geld tot die volgende oggend. Eskom sê Fase 5 en 6 sal tot Saterdag afgewissel word, sodat hy sy noodreserwes kan aanvul en weer opwekkingskapasiteit kan opbou. Volgens skedule wat bekend gemaak is, in die Dawid Kruiper munisipale regsgebied vir beide Blok 1 en Blok 9 sal tusen 10uur vanogend en 12:30 vanmidag beurtkrag ervaar en sal weer tusen Fase 5 en Fase 6 tusen 6uur en 10:30 vanand wisel. Inwoners gemaan om alle kragpunte as kragdraend te beskou en alle nie noodsaaklike toestelle wat swembad pompe en geisers insluit van die netwerk te verwyder

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za