Mier man gestraf

Die 35 jarige Sarel Esterhuizen is tot 21 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis na hy in die upingtonse streekshof op twee klagtes van moord skuldig gevind is. Esterhuisen van die Mier gemeenskap buite Upington het skuldig gepleit op die eerste klagte dat hy Karel Cloete in Desember 2021 drie keer met 'n mes gesteek het wat tot Cloete se dood gelei het. Op nog 'n klagte van moord op die 31 jarige Merelda Swartbooi waarin Swartbooi weens 'n kopbesering dood is het hy onskuldig gepleit maar is skuldig gevind. Die Nasionale Vervolgings Gesag het die vonnis verwelkom.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media