Die burgermeester van die Dawid Kruiper Munisipaleteit Micheal Segede sê die sinnelose geweldsmisdade wat teen vroue en kinders asook bejaardes en mans in die samelewing gepleeg word moet stop. Segede sê die 16 dae van aktivisme veldtog wat jaarliks gevier word moet as wegspring dien vir 'n denkskyf verandering en veral mans moet hulle gedrag heen vroue en kinders verander. Segede sê vroue en kinders moet ten alle koste beskerm word terwyl gemeenskappe moet sorg dat hulle oortreders uitwys sodat die reg sy gang kan gaan.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za