Weerkundige oor hitte

Die onafhanklike landbouweerkundige Johan Van Een Berg sê die hittegolf toestande oor groot dele van Suid Afrika kan voortduur tot in die tweede week van Desember wanneer die kans op reen effens verbeter. Van Den Berg sê 'n hoogdrukstelsel veroorsaak dalende lug met baie warm en droe toestande. Hy sê die groot kwessie bly egter oor of die verwagte reen voldoende gaan wees om aanplantings in die westelike produksiegebiede aan te help. Aanplantings van mielies moet volgens Van Den Berg voor kersfees en op die laaste voor die einde van Desember gedoen word. Wat die hittegolf betref sê hy minstens 40 milimeter reen word benodig om die grond deurnat te maak. In die Noordkaap kan uiters warm temperature van bo 40 grade tot minstens 1 Desember voortduur met temperature van bo 35 wat vir die grootste deel van Desember inwoners van die provinsie se voorland gaan wees. Hy sê die warm en droe toestande is gunstig vir die druiwebedryf met 'n redelike groot oes wat vanjaar verwag word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media