Kimberly water krisis duur voort

Die Sol Plaatje-munisipaliteit in die Noord-Kaap sukkel na bewering steeds om die watertoevoer in Kimberley ten volle te herstel. Die munisipaliteit het Woensdag begin met beplande instandhouding wat duisende inwoners te midde van ‘n hittegolf sonder water gelaat het. Volgens die munisipaliteit is watertoevoer na verskeie buurte sedert Vrydagnag herstel. ‘n Woordvoerder, Thabo Mothibi sê egter hoewel twee reservoirs se vlakke genoegsaam herstel het, loop reservoirs vinnig leeg omdat waterverbruik weens die hitte hoër is. Hy sê watertenkwaens sal steeds beskikbaar weens in sommige gebiede.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media