Voertuig veiligheid

Die Suid Afrikaanse Polisie Diens het 'n beroep gedoen op motoriste in die Noordkaap asook diegene wat op besoek is om uiters versigtig te wees en alle waardevolle items veilig in voertuie te berg. Luitenant kolonel Sergio kock van die polisie sê boosdoeners breek by voertuie in waar waardevolle items sigbaar rondle. Hy sê mense moet enige items in die kattebak van hulle voertuie te berg asook op die uitkyk te wees vir diegene wat voertuie kaap en ander misdaad pleeg. Kock sê klagtes wat verband hou met diefstal vanuit voertuie neem kommerwekkend toe.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media