Water waarskuwing

Die Dawid Kruiper Munisipaleteit het saam met verskeie ander munisipaleteite wat Kheis en Kai Garib insluit 'n waarskuwing uitgereik waarin hulle vra dat inwoners water te alle koste veral gedurende die hittegolf en verhoogde beurtkrag skedule na fase 6 moet spaarsamig gebruik. Die Dawid kruiper munisipale woordvoerder Patrick Williams sê beurtkrag en die hittegolf verhoog die aanvraag wat op sy beurt druk op die voorsiening van water plaas weens die onderbreking in elekstrisiteit. Hy se die dorp se watervoorsienings aanleg die Abraham holbors September is van elektrisiteit afhanklik. William's se vandalisme en diefstal van noodsaaklike infrastruktuur dra ook by tot die probleem en versoek dat mense diegene wie hulle skuldig maak hieraan moet raporteer. Hy se mense moet water veilig stoor indien hulle water stoor en sekermaak dat hulle gemeenskaps watertenke veilig bly.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media