Partye verwelkom skorsing

Die Vryheids Front plus in die Noordkaap se Danie Coetzee sê die party verwelkom die skorsing van die finansiele beampte van die departement van paaie en openbare werke Bradley Slinger wie nabewering tydens 'n padblokkade met nagenoeg 600 duisend rand kontant in sy voertuig betrap is. Die party het 'n mosie in die provinsiale wetgewer ondersteun waarin die LUR Fufe Makatong gedwing was om Slinger te skors ondanks die ANC se teenkanting teen die mosie. Die party sê hulle is bekommerd dat met die voortslepende krisis wat dienslewering in die provinsie betref dit blyk dat korupsie eenvoudig nie einde kry nie. Die Vryheids Front Plus sê inwoners van die Noordkaap moet besef wat aan die gebeur is en in die komende verkiesing koruppsie by die stembus uitstem. Die premiers kandidaat vir Action SA Andrew Louw sê op sy beurt hy stem met die party saam en kiesers moet die erns van korupsie deur ANC aanstellings besef en seker maak dat hulle die anc vanuit regering stem deur hulle kruisies elders te maak

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media