Byeenkoms oor water gesoek

Te midde van aankondigings deur die Suid Afrikaanse Nasionale Weerdiens dat die huidige hittegolf wat tans die Noordkaap en dele van land teister tot Dinsdag gaan voortduur, het die Demokratiese Aliansie in die Noordkaap provinsie 'n dringende vergadering met die munisipale bestuurder van die Sol Plaatje munisipaleteit versoek om die gebrek aan gereedheid vir die noodwaterafsluiting te bespreek. Die party se Ockert Fourie sê te midde van die hittegolf het tien talle instansies se water opgedroog en word hospitale, klinieke en bejaardesorg sentrums asook die plaaslike brandweer en huishoudings die ergste hierdeur geraak. Die Sol Plaatje munisipaleteit word daarvan beskuldig dat die stad die waterprobleem ervaar asgevolg van nalatigheid en 'n gebrek aan monitering insluitend die versuim om die newton reservior se massabergingskapasiteit op maksimum te verseker sodat inwoners watertoegang kon he. Bewerings dat slegs een watertenkwa in werking is en 11 watertenke vir die stad se 33 wyke word deur die da gemaak. Fourie se hulle word verder verhoed om besoek te bring aan die waterinfrastruktuur.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media