Die
LUR verantwoordelik vir onderwys in die Noord-Kaap, Zolil Monakali, lei 'n
afvaardiging van die Noord-Kaap vir die Europese Unie se Groenwaterstofweek wat
vandag begin en op Vrydag, 24 November 2023 in Brussel, België, eindig. Die Europese Unie (EU), wat een van die
grootste rolspelers is in hernubare energie, bring sleutelbelanghebbendes,
kundiges en bedryfsleiers van regoor die wêreld byeen hierdie week, wat 'n
waardevolle geleentheid bied om potensiële samewerking, vennootskappe en
beleggings om provinsiale en nasionale Groen Waterstof-ambisies te sluit . Ali
Diteme, Woordvoerder vir die LUR van die Departement van Finansies, Ekonomiese
Ontwikkeling en Toerisme sê hierdie platform is van kritieke belang vir kennis uitruiling
en innovasie wat die provinsie in staat sal stel om voor te bly in
waterstoftegnologie, nuutste neigings en beste praktyke. Die Noord-Kaap
Provinsie word al hoe meer sigbaar as 'n belangrike rolspeler in die produksie
van Groen Waterstof en Ammoniak, veral in die lig van die Boegoebaai Groen Waterstof
Ontwikkelingsprogram. Vroeër verlede maand het die Noord-Kaapse Provinsiale
Administrasie die Groen Waterstof Provinsiale Meesterplan by die Groen
Waterstof beraad in Kaapstad aanvaar. Die Meesterplan skets duidelike
strategieë oor hoe om die provinsie aan te dryf na ekonomiese groei en
uitvoergeleenthede, beduidende werkskepping en
vaardigheidsontwikkelingstrategieë ondermeer.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com