Tree teen slapers op se demokratiese aliansie

Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap doen 'n beroep op die provinsiale polisiekommissaris, Luitenant-Generaal Koliswa Otola, om 'n openbare aankondiging te maak oor die optrede wat geneem gaan word teen die polisiebeamptes wat na bewering verlede week deur 'n vuurwapenrooftog geslaap het in die Petrusville-polisiestasie. Die party verwelkom die spoedige arrestasie en daaropvolgende hofverskynings van drie verdagtes gister. Volgens die polisie het verdagtes een R5-geweer, twee haelgewere en een Z88-pistool gesteel, waarvan die twee haelgewere en Z88-pistool teruggekry is. Die DA sê, daar is baie beweerde ongerymdhede met betrekking tot die gedrag van die diensbeamptes die betrokke aand, insluitend berigte dat alle amptelike polisiewaens by die beamptes se huise geparkeer was, wat hulle nie in staat gelaat het om veiligheidspatrollies uit te voer of om op 'n noodgeval te reageer nie. Die party se In 'n tyd waarin misdaad in die Noord-Kaap hoogty vier, kan die regering nie bekostig om te waag dat óf nalatige óf kriminele polisiebeamptes die mense van hierdie provinsie beskerm nie. Dit is landsburgers wat verdien om snags lekker te slaap, met die wete dat die SAPD uitkyk vir hul veiligheid, nie andersom nie.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media