Sol plaatje loop deur onder misdaad

Die Sol Plaatje Munisipaliteit in Kimberley in die Noord-Kaap sê sy kritieke infrastruktuur word deur misdadigers geteiken. Die munisipaliteit sê die afgelope naweek het drie van sy substasies deurgeloop. Dit het tot kragonderbrekings in Kimberley en omliggende gebiede gelei. Een woonbuurt is nog sonder elektrisiteit en die munisipaliteit sê hy werk daaraan. Strenger veiligheidsmaatreëls soos gevorderde tegnologie is geïnstalleer by substasies en die hulp van die polisie is ingeroep.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media