'n Memorandum van verstandhouding was laas week Woensdag gesluit tussen die Onafhanklike verkiesings kommissie en verskillende organisasies binne die gestremdheid sektor. Yolanda Engelman - Molatsi, sê die ooreenkoms is 'n myplaal vir almal betrokke, wat ten doel is om te versker dat wanneer enige gestremde persoon sou stem hulle identifiseerde behoeftes aangespreek sal word. Engelsman - Molatsi sê dat dit belangrik was vir elk van die betrokke sektore om byeen te kom om te versker dat die ooreenkoms direk sal praat met die slagspreek van persone met gestremhede: Niks oor ons, sonder ons. Sy las dat die ooreenkoms ook sal versker dat persone met gestemdhede vrylik sal kan stem. Sy sê dat die sluit van die ooreenkoms tussen die sektor en kommisie 'n hoogtepunt is vir persone met gestremdhede omdat dit sonder skroom en sukkel kon bereik word.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com