Gesondheids krisis dreig waarsku oposisie

’n Akute tekort aan medisyne het die openbare gesondheidsorgsektor in Pixley ka Seme in die Noord-Kaap aangegryp – en een hospitaal is na berig word uit voorraad van minstens 300 verskillende medikasie.De Aar-hospitaal was vir so lank as drie maande sonder medikasie, het 'n toesighoudende inspeksie deur die DA verlede week bevind. Die DA se Isak Fritz sê dit is kommerwekkend dat die hospitaal reeds drie maande lank nie meer chroniese medikasie asook n reeks ander noodsaaklike medikasie het nie. fritz het gese Stockouts kan nadelige gevolge hê en selfs noodlottig wees.fritz beweer dat die departement van gesondheid in sy eerste kwartaalverslag vir 2023/24 n bestendige afname in die gemiddelde beskikbaarheid van medisyne aangedui het en die skuld voor die deur van verskaffers gele het wie weier om af te lewer indien die uitstaande rekeninge nie vereffen is nie. hy se kommer bestaan oor 'n vlaag aanrandings by die Kimberly Geestesgesondheidshospitaal nadat nege uit 10 aangemelde voorvalle van aanranding veroorsaak is weens 'n voorraadopname van Clozapazine, wat 'n antipsigotiese medikasie vir behandelingsweerstandige skisofrenie is. en bipolêre versteurings. Op ’n vraag hoeveel openbare gesondheidsorgfasiliteite sonder medisyne in die provinsie was, en ook wat die oorsaak daarvan was, het provinsiale gesondheidswoordvoerder, Lulu Mxekezo, gesê die departement het genoeg voorraad vir chroniese medikasie by fasiliteite en dat die departement werk daaraan om uitdagings so gou moontlik met sommige farmaseutiese maatskappye op te los. op navraag oor die toestand by klinieke in die provinsie het beide lebogang mahajah en lulu mxekezo geen kommentaar gelewer nie

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media