Nuwe uitvoerende hoof vir graan sa

Die landbou-organisasie Graan SA met sy verskeie produsente in die noordkaap langs die vaal en orange riviere het Tobias Doyer as nuwe uitvoerende hoof aangestel. Hy vervang Pieter Taljaard wat vroeër vanjaar bedank het. Doyer, ‘n landbou-ekonoom, maak in Januarie sy terugkeer na die landbousektor nadat hy vroeër onder meer bestuurder van die Landboubesigheidskamer, Agbiz, was. Die voorsitter van Graan SA, Derek Mathews, sê Doyer is goed geplaas om Graan SA na ‘n nuwe era van sukses te lei. Matthews sê Doyer het ‘n groot rol gespeel om Agbiz in ‘n onafhanklike organisasie te hervorm. Doyer sê op sy beurt hy sien daarna uit om na die landbousektor terug te keer.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media