eff se reg vir kiesers registrasie

Die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters Julius Malema het 'n beroep op strukture van die EFF gedoen om heeltyd bystand te wees om die behoeftes van gemeenskappe aan te spreek. Hy het partystrukture tydens ;n toespraak aan die Noordwes Grondmagforum by Mahikeng Burgersentrum gewaarsku daarteen om nie net gedurende die verkiesingstydperk na ontevrede inwoners te luister nie maar om regdeur die mense eerste te stel. Malema se toespraak was deel van die EFF se Mayihlome-fase, voor volgende jaar se Nasionale en Provinsiale verkiesings. Intussen het die party se Dirk Esau in die ZF Mgcawu streek bevestig dat hulle gefokus is op die kiesersregistrasie proses om seker te maak dat veral die jeug die party moet ondersteun. Esau het veral eerste stemmers aangemoedig om die besluit van verandering aan te neem deur te registreer. INSERT ( dirk esau )

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media