anc begin registrasie veldtog met vroue aan stuur

Die eerste amptelike kiesersregistrasie naweek vir die 2024 national en provinciale verskiesing skop die naweek af. Politieke partye maak reg en mobiliseer om kiesers aan te moedig om te registreer. Noordkaapse premier Dokter Zamani Saul het die voortou geneem en in 'n menings stuk in News24 gewaarsku dat peilings sleg is en dat geen party die ANC moet onderskat nie. Die president van die ANC se vroue liga Sisisi Tolashe het die afgelope naweek by Saul aangesluit, saam met verskeie senior lei wat regoor die land besig was om die kiesers korps agter die ANC te kry. Tolashe het lede van die liga aangesê om Suid-Afrikaners te mobiliseer om vir die regerende party te stem om 'n beslissende oorwinning ná die 2024-peilings te verseker.Tolashe het hierdie opmerkings gemaak by die tweede been van die Vroueliga-konferensie waar afgevaardigdes betrokke was by organisatoriese en politieke besprekings, resolusies en beleidstandpunte aangeneem het.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media