Buitelanders met onwettige plante betrap

Die Kuruman streekshof het die 39 jarige Standford Hatidani gevonnis vir die onwettihe handel in beskermde plante na die polisie ondersoek gelas het na bewerings van drie buitelandse mans wie in besit van die plante was. Die verdagtes is kort daarna inhegtenis geneem en die plante met n geraamde straatwaarde van meer as 400 duisend rand is op beslag gele. Die twee ander verdagtes Silence Chane en Blessing Chane het skuldig gepleit en boetes van tien en een duisend rand is ondermeer uitgereik wat binne vyf en een jaar betaal moet word. Die hoof verdagte Stanford Hatidani sal 'n tien jaar gevangenis straf uitdien. Luitenant kolonel Tebogo Thebe van die Valke sê die gedrag is ontoelaatbaar en is van mening dat die wetstoepasings eenhede in die Noordkaap sal voortgaan om misdaad in die provinsie aan te spreek.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media