Verkragter swaar gevonnis

Die 30 jarige Simphiwe Babi is tot 20 jaar direkte gevangenistraf gevonnis na hy daaraan skuldig gevind is dat hy 'n vyf jarige slagoffer verkrag het in Nababeep buite Springbok. Die vyf jarige is nabewering van 'n plaaslike winkel geneem en in 'n Nabygelee hut verkrag waarna sy haar ouers van die gebeure inkennis gestel het. Die Nasionale Vervolgings Gesag sê woordvoerder Mojalefa Senokoatsane sê die oortreding en onmenslike optrede is kommerwekkend veral omdat die verdagte veronderstel was om die kind te beskerm. Hy sê daar moet wegedoen word met enige vorm van geweld heens vroue en kinders.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media