Raad besoek zfm

Die verbruikersraad in die Noordkaap se hoof van bemideling en gemeenskaps opvoeding John Speek het die versbruikers raads sê teenwoordigheid in die ZF Mgcawu streek bevestig en gese oorsig besoek word deur die span gedoen om seker te maak dat kliente die gehalte diens waarvoor hulle betaal van verbruikers kry en dat sakelei insluitend die huiswinkel eienaars voldoen aan die voorgeskrewe wetgewing wat betref gehalte en veilige produkte. Hy sê 'n fabriek waar valse produkte vervaardig is, is onlangs in die provinsie gesluit met optrede teen diegene verantwoordelik vir die onwettige bedryf wat onafwendbaar is. Speek sê vervalsing is 'n bron van kommer omdat dit gewone mense se lewensgehalte bedreig en behoort met wortel en tak in Suid Afrika uitgeroei te word. Intussen sê Kgaugelo Masweneng verslaggewer van die times dat sy saamstem met die verbruikersraad dat vervalsing 'n kopseer is. Sy waarsku dat aanlyn inkopies geidentifiseer is as 'n fasiliteerder vir 'n toename in onwettige handel in Suid Afrika wat aangevuur word deur hardnekkige faktore soos werkloosheid 'n onstabiele ekonomie en korupsie. Speek sê hulle sluit besoeke in die Dawid Kruiper munisipale regsgebied vandag af met besoeke en inspeksies aan huiswinkels om te kyk na vervalste items asook diegene wie se datums verval het insluitend die gehalte van diens wat aan verbruikers gelewer word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media