Landbouhuishoudings neem af se stats sa

Kommer bestaan na die bekendmaking deur statistiek suid afrika dat n afname in landbou huishoudings alhoemeer in die land ervaar word. Dit kom ondanks oproepe vanuit verskeie oorde dat inwoners moet begin met voedseltuine om onafhanklik te wees asook die stygende insetkoste te vermy. Verskeie gemeemskappe regoor die Dawid Kruiper munisipale regsgebied asook in die Kai Garib het reeds by diegene aangesluit wat probeer om groentetuine te begin om selfversorgend te wees. Statistiek Suid Afrika sê die Ooskaap en Weskaap het die laagste landbouhuishoudings in beide 2011 en 2022 geraporteer. Sehularo Sehularo koordineerder vir saamtrek saamwerk meen die afname is weens 'n gebrek aan ondersteuning en dat hy nie verbaas is in die afname nie. Hy sê met die hoe werkloosheid lyk dit slegs op papier maklik om in jou agterplaas te begin met 'n groentetuin maar n gebrek aan opleiding en ondersteuning maak dinge verder haas onmoontlik. Hy se vir voedseltuine om te werk moet munisipaleteite deur hulle plaaslike ekonomiese ontwikkelings kantore n rol Speel om voedselsekerheid te verseker.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za