Mensehandel aant toeneem

Justice Desk Afrika se jongste bevinding dat mensehandel en ontvoerings aan die toeneem is, is met kommer aanvaar. Die groep het bevind dat sekshandel en kinderarbeid asook huishoudelike diensbaarheid en selfs orgaan smokkelary ook toeneem met 'n waarskuwing wat gerug word deur die organisasie en die valke in die Noordkaap dat mense veral in die ZF Mgcawu en John Taolo Gaetsewe versigtig moet wees. Nomthandaso Mnisi van die Valke sê hulle is bekommerd oor verskeie voorvalle van mensehandel wat in die gebied voorgekom het en is van mening dat die myngebiede en werkloosheid n bydraende faktor kan wees. Mnisi sê mense val slagoffer weens desperaatheid en maan veral jong meisies om uiters versigtig te wees. Sy sê mense moet 100 persent seker maak van die geloofwaardigheid van enige werksaanbod en nie oorhaastig optree nie terwyl sosiale media gespreke met vreemdelinge gestaak moet word. Slagoffers word ook dikwels vanuit die noordkaap en ooskaap asook vrystaat na stede gelok net om slagoffer te val van mense en sekshandel. Mnisi verduidelik meer.... insert

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media