Die 59 jarige verdagte Dawid Claasens het in die streekshof in Springbok verskyn waar die staat hom inkennis gestel het van die twee klagtes van moord wat spruit vanuit 'n voorval op die 31 ste Oktober toe twee mans by sy huis geskiet is en later in 'n Upingtonse hospitaal dood is. Die woordvoerder vir die Nasionale Vervolgings Gesag Mojalefa Senokoatsane sê die verdagte sal weer op die 15 de November vanjaar vir 'n moontlike borgtog aansoek verskyn en bly in aanhouding. Ondersoek word gelas na die oorsaak van die skietery.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za