Inwoners van Galeshewe buite Kimberly het die Sol Plaatje munisipaleteit daarvan beskuldig dat niks aan die voortslepende probleem met riooloorstromings gedoen word nie. Die riool maak volgens inligting daagliks strate ontoeganklik. Die SABC berig dat inwoners nou moedeloos is vir die voortslepende dienslewerings uitdaging en het gevra dat die munisipaleteit dringend die probleem wat 'n gesondheids risiko inhou aanspreek. Navraag oor die en ander dienslewerings uitdagings is gerig aan die nuutaangestelde woordvoerder vir die Sol Plaatje munisipaleteit Thabo Mothibi.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za