Die Burgemeester van die Dawid Kruiper munisipaliteit, Mnr Michael Segede, het die sooisput van Kalksloot se interne strate gedoen.
Die projek behels volgens die municipaliteit die opgradering van ongeveer 2.85km bestaande grondstrate in Kalksloot. Die municipaleit sê, verbetering sal meebring dat plaveisel steenwerk en beton randstene op die strate aan gebring word.
Die projek word deur MIG befonds, waar ‘n bedrag van Vyf Punt Drie Miljoen (R5.3 miljoen) vir die 2023/24 begroting beskikbaar is.
Die projek sluit die grondwerke, Installering van plaveistene, stormwater infrastruktuur, die Installering van randstene, afwerking van sypaadjies en verwante infrastruktuur in.
Plaaslike arbeid van omtrent 30 mense sal vir die tydperk van die projek gebruik word.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za