DA in die Nood - Kaap het die Noord-Kaapse onderwysdepartement oor die vingers getik deur beweringe dat die departement versuim om belangrike skool infrastruktuur behoorlik te bestuur.
2023-11-06
Views: 178
Die DA in die Nood - Kaap het die Noord-Kaapse onderwysdepartement oor die vingers getik deur beweringe dat die departement versuim om belangrike skool infrastruktuur behoorlik te bestuur. Fawzia Rhoda, DA woordvoerder vir Finanasies het die stelling gemaak na 'n oorsig besoek vroeër laasweek aan die Hoërskool Theron in Britstown. Volgens Rhoda het die skool brandskade opgedoen en vier jaar later het die departement nog nie die strukturele integriteit of veiligheid van beskadigde geboue getoets nie. Die DA beweer dat die department meer as 600 leerlinge in mobiele klaskamers geprop, wat bo-op mekaar staan en dat die omgewing nie gunstig is vir goeie onderwys nie. Verder het die party gelas dat hoe langer die department neem om behoorlike oplossings te implementeer, hoe duurder gaan dit wees. Rhoda sê die volgende...Insetsel - Rhoda Die departement van onderwys in die Noord - Kaap moet nog hierdie beweringe bevestig.