Die Suid Afrikaanse Polisie Diens in Upington ondersoek 'n saak van moord na 'n man na bewering gister tydens 'n mislukte roofpoging dood geskiet is. Polisie woortvoerder sersant Omphile Masegela sê, die voorval het omstreeks nege uur gisteraand in die sentrale sakekern plaasgevind. Die polisie sê in 'n verklaring die oorledene is deur die polisie in 'n silwer Toyota Corolla met 'n skietwond in sy gesig aangetref, waar hy nabewering van die rooftoneel wegejaag en in 'n kragboks vasgery het. 'N 58 jarige man is inverband met die skietery inhegtenis geneem en sal binnekort in die Upington laandroshof verskyn.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za