Die Suid Afrikaanse Nasionale Weerdiens sê die hoevlak brandgevaar waarskuwing vir die Dawid kruiper, Kai Garib en Kareeberg munisipale regsgebiede asook die twee rivieren grenspos binne die kgalagadi transfortier of oorgrenspark soos dit ook bekend is duur voort. Die diens sê die maak van vure word verbied veral met die sterk winderige toestande wat kan veroorsaak dat wegholveldbrande kan ontstaan. Die weer diens het 'n beroep gedoen op inwoners waar woonbuurte aan weiveld grens, om onder geen omstandighede vure te maak nie. Brandbestryders, munisipale brandweer spanne, privaat brandslaners en boere asook vrywilligers is op gereedheids grondslag om te help in die geval van die ontstaan van vure. Motoriste is gevra om nie sigaret stompies vanuit bewegende voertuie te gooi nie.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za