Die Suid Afrikaanse Nasionale Weerdiens se Bloemfontein weerkantoor het 'n hoevlak brandgevaar waarskuwing uitgereik vir die Dawid Kruiper, Kai Garib en Kareeberg munisipale regsgebiede asook die twee Rivieren grenspos binne die Kgalagadi transfortier of oorgrenspark soos dit ook bekend is. Die diens waarsku oor wegholveldbrande wat deur die huidige winderige toestande vererger kan word wat ook die potensiaal het om grootskaalse skade tot gevolg kan he. Die indeks is volgens die diens bo 75 en is rede tot kommer omdat beide mense en diere lewe in die geval van wegholveldbrande bedreig word. Ramp en brandbestuurspanne binne die omgewings bly op bystand terwyl 'n beroep gedoen word op inwoners om onder geen omstandighede enige vure te maak nie. Die weerdiens het ook 'n beroep gedoen op die onmiddelike raportering van enige vure sodat dit so gou moontlik geblus kan word.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za